angelina-jolie-pitt-november-2015-cover
Het jy gehoor?

Angelina (en Brad) praat oor vrouwees ná haar dubbele mastektomie

In 2013 het die aktrise Angelina Jolie die wêreld geskok toe sy onthul sy het ’n dubbele mastektomie ondergaan. Sy het nie net haar eie lewe nie, maar duisende ander vroue se lewens met die BRCA1-geen verander met dié stap – seker een van die beste bewusmakingsveldtogte vir dié siekte.

Die BRCA1-geen verhoog die risiko op borskanker met 87% en kanker van die eierstokke met 50%.

Byna twee en ’n half jaar later gesels Angelina en haar man, die akteur Brad Pitt, in ’n onderhoud op die Today Show oor hul nuwe fliek, By the Sea. Hulle praat ook prontuit oor Angelina se dapper besluit om haar gesondheid te beskerm, berig Hello!.

’n Groot rede waarom Angelina die operasie ondergaan het, is omdat haar ma op 56 aan borskanker gesterf het. Intussen het sy haar eierstokke ook laat verwyder. Oor die voorkomende prosedures het Angelina gesê sy het geweet Brad was altyd aan haar sy, hy het haar ondersteun en sy sal nooit minder “vroulik” voel as gevolg daarvan nie.

Op sy beurt het Brad gesê hulle sal enigiets doen om hul gesin vir so lank moontlik bymekaar te hou. Hy gaan voort dit was Angelina se besluit en dit was baie dapper omdat daar só baie verkeerd kon gaan.

Oor die nuwe fliek, By the Sea, wat handel oor ’n paartjie wat nie gelukkig getroud is nie, sê hulle dit weerspieël glad nie hul eie huwelik nie. Hulle sê hulle was nog nooit so sterk en gelukkig soos nou nie.

Lees ook