FOTO: David M. Benett/Getty Images

Het jy gehoor?

Angelina Jolie: Die wêreld se mees bewonderde vrou

Spieëltjie spieëltjie aan die wand, wie’s die mooiste in die land? Dít is debatteerbaar, maar volgens YouGov’n internasionale webgebaseerde marknavorsing-onderneming, is dit ’n uitgemaakte saak dat Angelina Jolie die vrou is wat die meeste bewonder word in die wêreld.

Angelina het die kinderregte-aktivis Malala Yousafzai en politikus Hillary Clinton uitgestof om dié titel te wen, berig MailOnline.

Resultate is verkry deur aan 25 000 mense in 23 lande te vra: “Watter man of vrou, wat vandag nog leef, bewonder jy die meeste?” Die filantroop en ma van ses is tops in Brasilië, Rusland, Egipte en Singapoer, wat haar die algehele nommereen-posisie besorg het.

Die Jolie-Pitt-kroos: Zahara, Knox, Maddox, Shiloh, Pax en Vivienne saam met Ma Angelina en Pa Brad

Die Jolie-Pitt-kroos: Zahara, Knox, Maddox, Shiloh, Pax en Vivienne saam met Ma Angelina en Pa Brad

Die topposisie op die lys van die wêreld se mees gerespekteerde mans word beklee deur die sakemagnaat Bill Gates. Die Amerikaanse president, Barack Obama, is tweede en die president van China, Xi Jinping, is derde.