FOTO: David M. Benett/Getty Images

FOTO: David M. Benett/Getty Images

Het jy gehoor?

Angelina en Brad skenk geld vir bewaring in Namibië

Die Hollywood-sterre Angelina Jolie en Brad Pitt het ’n noue band met Namibië en het nóg geld gegee vir die bewaring van wilde diere in dié buurland van SA.

Dié skenking is in die naam van hul eerste biologiese kind, Shiloh Jolie-Pitt (8), gemaak.

Angelina het in die verlede in ’n verklaring gesê hulle wil hê Shiloh moet betrokke wees by die land waarin sy gebore is: “Ons wil hê sy moet met insig in haar geboorteland grootword en van kleins af daarby betrokke wees.”

Brad saam met Pax, Maddox en Shiloh (middel) FOTO: Getty Images / Gallo Images

Brad saam met Pax, Maddox en Shiloh (middel)
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Shiloh is in 2006 in Namibië gebore, waar die gesin vir ’n wyle ná haar geboorte uitgespan het om weg te kom van die media.

Die Jolie-Pitt-kroos: Zahara, Knox, Maddox, Shiloh, Pax en Vivienne saam met Ma Angelina en Pa Brad

Die Jolie-Pitt-kroos: Zahara, Knox, Maddox, Shiloh, Pax en Vivienne saam met ma Angelina en pa Brad

Die Naankuse-stigting het in ’n persverklaring gesê dat vyf van hul sewe jagluiperds reeds in die nuwe kamp van 7 hektaar, wat deur dié skenking moontlik gemaak is, leef.

Dié donasie kom uit Angie en Brad se Jolie-Pitt-stigting wat hulle in 2006 op die been gebring het. Dié stigting ondersteun plaaslike projekte vir die bewaring van wilde diere, gesondheidsorg en die ophef van arm gemeenskappe. Hulle het sedertdien al miljoene dollars aan dié stigting geskenk.

Die gesin het al in die verlede die Naankuse-lodge en -wildreservaat saam met hul kinders besoek.

Bronne: Biz News en Times Live

Lees nou