Het jy gehoor?

Angelina Jolie: “Ek’t nog nooit so blootgestel gevoel nie”

Wel, in elk geval nie nou nie. Jolie se aandag is by haar debuutfilm, Land of Blood and Honey, wat in Desember op die grootskerm begin draai.

Nuwe fliek

Jolie is self die skrywer en regisseur van dié liefdesverhaal wat afspeel tydens die oorlog in Bosnië. “Ek’t nog nooit so blootgestel gevoel nie. Ek het nog altyd agter ander se woorde weggekruip. Nou’s dit ek wat praat. ‘n Mens voel belaglik as jy iets verkeerd doen,” het sy gesê.

Sy wou aanvanklik nie die regisseur wees nie, maar sy het niemand anders daarmee vertrou nie. Sy’t ook besluit om net plaaslike akteurs te gebruik omdat dit hul storie is, het sy vertel. “As hulle nie wou nie, sou ek nie die fliek gemaak het nie.”

Brad was baie ondersteunend

“Hy’t gesê waarvan hy hou en waarvan nie. En soos enige vrou het ek meestal daarna geluister, en oor ‘n paar goed terugbaklei. Maar dit bly moeilik om die mens vir wie jy lief is van die kritikus te onderskei. Ek dink nie hy’t ‘n objektiewe oog nie.”

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • gratha kemp

    nooit,nooit ooit nie!

  • Elaine Roos

    Nee wat. Liz was the one and the only.

  • Ann

    Nooit gesien nie Liz Taylor was uniek met haar pragtige oe