Foto: Gallo Images/ Getty

Foto: Gallo Images/ Getty

Het jy gehoor?

Angelina Jolie geniet menopouse

Die 40-jarige aktrise Angelina Jolie Pitt gaan deur vroeë menopouse (voor 45) ná sy vroeër vanjaar ter voorkoming van kanker haar eierstokke en Fallopius-buise laat verwyder het. Gewoonlik kla vroue oor dié fase in hul lewe, maar nie Angelina nie, berig The Daily Telegraph

Die donkerkop-skoonheid vertel sy is bly dis nie vir haar ’n negatiewe ervaring nie en sê sy het geen begeerte om weer jonk te wees nie.

Volgens People prys Angie gereeld haar man, die akteur Brad Pitt, vir die ondersteunende rol wat hy in haar lewe speel. Die glanspaar is saam te sien in die nuwe rolprent By the Sea, waarin hulle die rol van ’n getroude paartjie met huweliksprobleme vertolk. Dit is vir hulle lekker om saam kreatief te wees.

Angie en Brad het ses kinders saam, Maddox (14), Pax (12), Zahara (10), Shiloh (9) en die tweeling Knox en Vivienne (7).

People en The Daily Telegraph

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!