tourist1
Het jy gehoor?

VOORPRENT: Angelina Jolie en Johnny Depp smeul op silwerdoek

 

Die fliek, The Tourist, is beslis iets om na uit te sien! Johnny Depp speel Frank, ‘n hartgebroke, doodgewone Amerikaanse vakansieganger in Venesië. Hier ontmoet hy die elegante, maar misterieuse Elise, gespeel deur Angelina Jolie. Dis ‘n liefdesverhaal met ‘n kinkel – terselftertyd ‘n drama én riller.

Maar die maak van dié skynbare lokettreffer was nie sonder drama nie! Johnny Depp het op aandrang van sy vrou – die sanger en model Vanessa Paradis – die intieme toneel tussen hom en Angelina, laat verwyder. Vanessa was glo nie gemaklik met dié toneel nie, veral as mens Jolie se reputasie in ag neem. Sy het juis haar lewensmaat, Brad Pitt, op die stel van Mr and Mrs Smith van sy vrou, Jennifer Aniston, afgerokkel. Brad was glo ook verlig toe dié stomende toneel uitgesny is.

Tom Cruise is ook oorspronklik gekies as die hoofkarakter en Charlize Theron in die vroulike hoofrol. Ná Tom Cruise onttrek het, is albei dié akteurs vervang deur Depp en Jolie. 

Angelina se klassieke Hollywood-klerekas, propvol A-lyn rokke en potloodrompe is beslis ‘n fees vir die oog en nóg meer rede om uit te sien na hierdie fliek! Angelina se ouwêreldse Hollywood-styl in dié fliek het reeds hoofopskrifte in die mode-wêreld gehaal. Dit is dié maand al op verskeie blogs aangewys as een van die top vyf mode-inspirasies vir die komende seisoen.