Gallo Images / Getty Images

Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Angelina Jolie leer haar kinders verantwoordelikheid teenoor ander

Die aktrise Angelina Jolie en haar seun Pax (11) is tans in Mianmar (voorheen Birma). Sy het Pax saamgeneem omdat dit vir haar belangrik is dat haar kinders betrokke raak by liefdadigheidswerk, berig Hello!.

Angelina is al vir 14 jaar ’n spesiale gesant van die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir vlugtelinge, en dit is nog altyd haar droom dat haar kinders saam met haar werk. Sy sê:

“Ek wil hê my kinders moet die wêreld om hulle verstaan en hul verantwoordelikheid teenoor ander besef.”

Angelina en Pax vroeër vanjaar in Namibië FOTO: ©Naankuse

Angelina en Pax vroeër vanjaar in Namibië FOTO: ©Naankuse

Sy het die Britse tydskrif Hello! saam met haar en Pax op dié toer genooi. Pax is in Viëtnam gebore en sy het hom in 2007 aangeneem. Dit is vir haar spesiaal om saam met hom te werk in die omgewing waarvandaan hy kom.

Dit is nie die eerste keer dat Angelina een van haar kinders saamneem op só ’n toer nie. Shiloh, haar 9-jarige dogter, het haar in Junie na Sirië vergesel. Shiloh het ook vir haar 9de verjaardag in Mei vanjaar jagluiperdwelpies in Namibië op N/a’an ku sê, die bekende plaas van Marlice en Rudi van Vuuren, geborg.

Pax was in Junie ook saam met Angelina op besoek aan Suid-Afrika en Namibië.

Maddox, Angelina se oudste, sal op die stel van haar volgende fliek, First They Killed My Father, werk wat in sy geboorteland, Kambodja, geskiet word. Dié fliek is gebaseer op die memoir van die menseregte-aktivis Loung Ung.

“My flieks word baie deur my liefdadigheidswerk beïnvloed, ek hou daarvan om belangrike stories te vertel,” het sy aan Hello! vertel.

Bron: Hello!

Lees ook