Het jy gehoor?

Angelina Jolie lyk pragtig op nuwe voorblad PLUS lewe as getroude vrou

 

Angelina Jolie skitter op die voorblad van die Desember-uitgawe van Vanity Fair. En dis glad nie verbasend dat sy beeldskoon lyk nie.

Dié ma van 6 is deur die legendariese Mario Testino vir Vanity Fair afgeneem. En hy het ook van die agter-die-skerm-foto’s van dié fotosessie gedeel.

 

SHOOTING ANGELINA JOLIE FOR @VANITYFAIR, DECEMBER ISSUE.

Une photo publiée par MARIO TESTINO (@mariotestino) on


Angelina en Mario het voordat die fotosessie begin het, saam ontbyt geëet en die fotograaf het dié intieme foto van Angie geneem.

Die 39-jarige aktrise en aktivis het in Augustus vanjaar met die 50-jarige Brad Pitt getrou. Kyk na die troufoto’s hier.

Angelina sê dat dit nou anders voel om met Brad getroud te wees en dat dit goed voel om man en vrou te wees. Sy sê ook sy is “oop” vir die idee om die politiek te betree, maar dat haar werk as aktrise dit moeilik maak.

Wat dink jy? President Jolie?

Angelina JolieBron: Daily Mail