Foto: Gallo Images/ Getty

Foto: Gallo Images/ Getty

Het jy gehoor?

Angelina Jolie Pitt speel met babas op stel

Die bekende aktrise en regisseur Angelina Jolie speel pop op die stel van haar nuutste fliek, First They Killed My Father, wat in Kambodja geskiet word, berig People.

First They Killed My Father, gaan oor die Khmer Rouge-volksmoord en daar is honderde kinders op die stel. Angelina vertel sy is versot op babas en het daarom haar kar en sleepwa vol speelgoed gelaai om met die jong kinders te speel en hulle te bederf.

Angie het ses kinders saam met haar man, die akteur Brad Pitt, Maddox (14), Pax (12), Zahara (10), Shiloh (9) en die tweeling Knox en Vivienne (7).

Die glanspaar is saam in hul nuwe rolprent By the Sea te sien.

Volgens Daily Mail werk Angelina ook aan ’n film oor die natuurbewaarder Richard Leakey en daar is sprake dat Brad die hoofrol gaan vertolk.

Bronne: People en Daily Mail

Lees ook

ZZZ

Lees meer hier!