Gallo Images / Getty Images

Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Angelina Jolie se chirurg praat oor haar mastektomie

Hoe het Angelina Jolie die besluit geneem om die nuus van haar mastektomie te openbaar? Haar chirurg, dr. Kristi Funk het in Los Angeles Magazine vertel … Toe Angelina Jolie in Mei-maand aangekondig het (deur ‘n rubriek in die The New York Times te skryf) dat sy ‘n dubbele mastektomie ondergaan het, het die wêreld gereageer. Borskanker en voorkomende mastektomie het meer aandag in die media begin kry en haar besluit het ander vroue geïnspireer om hul gesondheid in hul eie hande te neem. Dr Funk Angelina Jolie se dubbele mastektomie Angelina se dokter die borskanker-chirurg dr. Kristi Funk, praat nou vir die eerste keer oor dié besluit. Sy het haar geloof daarvoor, asook vir haar besluit om dit nie ‘n geheim te hou nie. “Sy is ‘n baie private mens, maar het die tyd om dit te openbaar goed deurdink.” Volgens die dokter het Angelina dit nie weens publisiteitsredes gedoen nie, maar wou die perfekte tyd vind in haar persoonlike én professionele lewe, “maar ook die regte tyd vir haar siel vind,” meen dié dokter. Angelina het ongeveer ‘n maand gewag nadat haar heel laaste prosedure afgehandel is, voordat sy die nuus bekend gemaak het.

Wanneer een van die mooiste vroue in die wêreld ‘n deel van haar liggaam verwyder wat gewoonlik die simbool van vroulikheid en seksualiteit is, gaan dit aandag trek.

Brad Pitt: “Anglina is dapper” Angelina se ma het haar stryd teen kanker op 56 jaar oud verloor. “Ek het altyd vir my kinders gesê om hulle nie oor my te bekommer nie. Maar die waarheid is dat ek die ‘foutiewe’ geen, BRCA1, dra. Dit verhoog my risiko om borskanker (87%) en kanker van die eierstokke (50%) te kry,” het Angelina geskryf. “Die lewe kom met baie uitdagings. Die uitdagings wat ons nie moet bangmaak nie, is dié wat ons kan aanvat en beheer oor neem.”