FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Angelina Jolie se Skotse ewebeeld

Het Angelina Jolie ’n langverlore Skotse suster? Nee, maar almal praat oor Chelsea Marr wat baie soos dié beeldskone aktrise lyk, berig E! Online

Chelsea, ’n 24-jarige, het op haar Facebook-blad gesê dat sy nie omgee om met die ma van ses verwar te word nie. “Ek voel verskriklik gevlei om met die wonderlike Angelina Jolie vergelyk te word … En om eerlik te wees, ek sien nie rêrig die ooreenkoms nie.”

A photo posted by Chelsea Marr (@chelseamarr31) on

A photo posted by Chelsea Marr (@chelseamarr31) on

Volgens Buzzfeed maak Chelsea geen geheim daarvan dat sy al ’n paar keer plastiese chirugie ondergaan het nie. Sy het al aan haar lippe, neus en borste laat werk, maar hou vol dat sy dit nie gedoen het om soos Angelina te lyk nie.

A photo posted by Chelsea Marr (@chelseamarr31) on

Dit is nie die eerste keer dat ’n Angelina Jolie-ewebeeld die internet aan die gons het nie! Onthou jy vir Veronika Black? 

Bronne: E!Online en Buzzfeed

Lees ook