FOTO: Twitter @PauleyP

FOTO: Twitter @PauleyP

Het jy gehoor?

“Angelina Jolie van diere-sterre” wen groot by Pawscars

Crystal die apie, ook bekend as die “Angelina Jolie van diere-sterre”, het die Lifetime Diva Achievement Award by die 2015 Pawscars gewen, berig E Online!

Die Pawscars, wat jaarliks die top-diere-sterre van die klein – en groot skerm vereer, het dae voor Sondag se Oscar-seremonie plaasgevind.

Alle oë was Woensdag op Crystal wat in ’n deftige pienk rokkie, kompleet met pêrels, haar prys ontvang het. Sy het breed geglimlag en selfs vir die skare gewuif.

Dié oulike kapusyner-aap werk al vir byna twee dekades voor die kameras met haar aapstreke. Sy is te sien in Night at the Museum, The Hangover (Part II), American Pie en Dr. Doolittle.

Hierdie geleentheid is deur die American Humane Association gereël, wat die veiligheid van diere-akteurs op die stel van flieks en TV-programme verseker.

Nog wenners by Pawscars 2015

Die dolfyne in Dolphin Tale 2 – Beste akwatiese spel

Lassie – Top-honde-ster van alle tye

Lassie

Lees volledige artikel HIER.