FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Wat gaan Angelina Jolie in haar outobiografie vertel?

Sy het vir die regte tyd in haar lewe gewag om háár kant van die storie te vertel. En nou sê Angelina Jolie is dit tyd om haar outobiografie te publiseer.

’n Bron het vertel Angie wou nog altyd háár kant van die storie vertel – van haar kinderdae en verhouding met haar akteur-pa Jon Voight tot haar liefdadigheidswerk. Dit is nog nie duidelik of sy oor haar verhouding met Brad Pitt gaan skryf nie, maar sy gaan wel oor haar ses kinders – Maddox (12), Pax (9), Zahara (8), Shiloh (7), en die tweeling Knox en Vivienne (5) skryf.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ná haar dubbele mastektomie is sy ’n groot inspirasie vir talle vroue – nie net omdat sy soveel vir borskanker-bewustheid gedoen het nie, maar ook dat sy openlik daaroor gepraat het.

Lees meer oor Angelina se dubbele mastektomie

“Sy glo die tyd is nou reg. Sy was nog nie so gelukkig en vreedsaam in haar lewe soos nou nie. Daar is baie demone in haar verlede en sy is nou op die regte plek in haar lewe om daaroor te skryf en dit in konteks te stel,” sê ’n bron by een van die uitgewershuise wat meeding om die regte vir dié boek. Die kontrak vir dié outobiografie beloop glo reeds $50 miljoen (R488 miljoen).

Bron: WENN

WAAROOR WIL JY LEES IN ANGELINA SE OUTOBIOGRAFIE?