Het jy gehoor?

Angelina se perfekte verloofring van sowat R2 miljoen

Die ring wat akteur Brad Pitt (48) ná 6 jaar uiteindelik aan sy pragtige geliefde, Angelina Jolie (36), se ewe pragtige vinger gesteek het, het hom letterlik ‘n jaar lank geneem om saam met juwelier Robert Procop te ontwerp. Kenners reken dat die eindproduk se waarde tot soveel as $250 000 (net minder as R2 miljoen) gereken kan word. Procop is reeds jare al die private juwelier vir Jolie.

Angelina Jolie se verloofring

Die groot reghoekige diamant van 6 karaat is in ‘n band met nóg diamante geset – elkeen van hierdie kleiner diamante is geslyp om die ronding van haar vinger perfek te pas. Juwelier Procop het in ‘n verklaring gesê dat Brad hierdie ring perfek wou hê en dat “hy ‘n spesifieke visie” vir Angelina se verloofring gehad het.

Die woordvoerder van die paartjie het gesê dat hierdie ‘n belofte aan die kinders is oor die toekoms en dat die kleinspan verheug is hieroor. Daar is nog geen troudatum bekendgemaak nie.

* LEES OOK MEER OOR KARLIEN VAN JAARSVELD SE DROOMRING

  • elizabeth avenant

    Angelina MAG maar so ‘n duur en mooi verloofring he! Hulle doen baie vir die armes en as sy so ‘n duur ring kry, is dit in die haak, want hulle mors nie hulle geld nie!

    Wens my pragtige dogter kon ook so ‘n pragtige ring aan haar vinger steek! 😉

    Baie liefde

    Elizabeth Avenant

  • Caruschka Steyn

    Dit is ‘n gorgeous ring vir ‘n prag vrou – net jammer die vingers en hande wat so senerig en "geraamterig" lyk is heeltemal te "maer"…..en die ring lyk grotesk aan haar "te" maer hande!!! –

  • Jenine Koen

    Ek dink Angelina verdien die ring – dit is ongelooflik mooi – dink ook sy sou tevrede gewees het met enige ring wat Brad vir haar gegee het – die ring is met sorg gemaak deur ‘n man wat ongelooflik lief is vir sy vrou. Die volmaakte sprokie 🙂

  • rita rossouw

    Dis ‘n pragstuk vir ‘n prag-dame, sy mag dit maar dra met grasie!!!

  • Amanda

    EEEUUUWWW… ek kan baie beter dinge met daardie klomp geld doen!!!

  • Karina

    Ag, dis niks teen Mnr Troskie se buffel nie!