angelique1
Het jy gehoor?

Angelique en Ben-G se spesiale video vir hul troue

Die paartjie is op tans hul wittebrood op die idilliese Maleisiese eiland, Langkawi, vanwaar sy vroeër vandag (2 Desember 2011) dié video op haar Twitterblad gedeel het. Hulle is 19 November 2011 op die pragtige Vrede en Lust wynlandgoed in Franschhoek getroud.

Die video is deur Sweefilm, een van die land se voorste trouvideograwe, gemaak en is deel van hul Couples in Motion-videoreeks. Angelique en Ben-G is op verskillende plekke in en om Stellenbosch en Gordonsbaai verfilm.

Sweefilms skryf op hul webtuiste dat dit moeilik was om die videomateriaal tot net meer as 3 minute te redigeer, want dié spontane paartjie het gesorg vir meer as vier ure se spesiale oomblikke!

Die liedjie in die video is Everybody, deur Ingrid Michaelson.

Hulle het verlede Desember in Mauritius verloof geraak toe hulle daar vakansie gehou het.  

HIER IS PRAGTONELE UIT DIE VIDEO. KYK DIE VIDEO HIER.

Angelique en Ben-G

Angelique en Ben-G

Angelique en Ben-G

Angelique en Ben-G

Angelique en Ben-G

  • Leana Pitout

    Nice…! Dit is vreeslik mooi.

  • Johanna Brown

    Wat ‘n pragtige paartjie!! dankie dat julle die video met ons deel ek wens julle tweetjies net die beste toe vir ‘n lang en gelukkige toekoms!!

  • Petro

    Baie geluk met julle troue julle het baie mooi geluk en die foto’s in die Huisgenoot is pragtig. Dankie dat julle dit met ons gedeel het. Mag die Here julle huwelik seen.

  • Hendrina Lambert

    Sjoe so ‘n pragtige girly met so mooi man! Geluk julle tweetjies julle is pragtig xx

  • Lynette

    Wow julle is so pragtige couple! Wat ‘n voorbeeld vir ander. Julle straal soos sterretjies. Baie dankie vir die stunning video waarin ons kon deel. Die Liewe Heer seen julle. Gesondheid, geluk en rykdom word julle toe gewens. Huisgenoot se fotos is te pragtig! Great!

  • Chantel Vertenten

    The most beautiful heart touching video I have ever seen!
    Angie and Ben G you are amazing and you can see your love shine through when you watch it!
    I LOVE IT! :-)

  • Leandie

    Die video was sooo inspirerend en van top gehalte!as alle paartjies maar net so verlief kan wees

  • ingy

    It was a stunning wedding and the concept of the video was brilliant. Congratulations Angelique and Ben-G.

  • Ronel

    Dit is BEELDSKOON. Ek bedoel dit. Sigbare liefde.

  • machiel roets

    awesome!!!! love julle!!!

  • Marina Botha

    Julle is pragtig, ek hoop daar gaan nog wonderlike jare vir julle voor le.
    Mag die Here julle seen en julle huwelik, geniet elke oomblik daarvan

  • Elize Sewell

    Angelique dit was so groot voorreg om op jul troue te kon wees, jy het soos ‘n ou prinsessie gelyk en ons almal so ongelooflif trots op jou nie om te praat van jou ma nie. Liefde Tannie Elize

  • Django

    Daai is die beste tyd van jou lewe ! Enjoy !!

  • rene steenkamp

    Ek het die voorreg gehad om die stunning video by hulle troue te sien. Absoluut awsome!!!!!

  • paul

    Dis Pragtig! Baie geluk!!

  • Leandie du Randt

    ek is absoluut mal oor die video dit is beautiful..as alle paartjies maar net so verlief kan wees..!!!

  • Sheri Abdo

    Toe ek dit sien, het ek trane gekry hoe mooi dit is….Julle 2 i spragtig saam..Die Here gaan julle huwelik baie seen nog….

  • Roedolf van Deventer

    Wow !!! dis stunning!! baie geluk julle!! alles wat mooi is vir jul huwelik!!!x

  • devon

    Wees baie goed vir mekaar. Ek kan sien julle twee is ‘n perfekte sirkel wat julle vasvang in Jesus se liefde . Ek het lanklaas so perfekte pragtige paartjie gesien. Geluk videograaf jy het puik werk gedoen met die pragtige volmaakte paartjie. Angelique jy is pragtig en word baie gemis in 7 de laan

  • Cindy Johnson

    Wow! Uitstekende musiek keuse. Hopelik sal daar nog videos wees in die toekoms. Ons glo dat julle ‘n fantastiese toekoms saam sal he.

  • Karlien

    Ag dis die mooiste video van hulle ek kan dit oor en oor kyk!!!!!!!!!!!!

  • Karen Diesel

    Veels geluk aan die gelukkige paartjie. Sarie – julle stel hulle "in hul beste lig" – ‘n ware vriendin. Dit lyk so romanties, hulle straal van geluk en vrede. Hoop om meer sulke foto’s te sien…

  • Annika Botha

    Dit is n awesome video… Geluk jul twee, mag jul huwelik se fondasie op Jesus neer gele wees! Jul twee pas soooooo mooi bymekaar. Toe ek die video gekyk het, het ek somer begin huil, so mooi en romanties is dit. Jul tweetjies is net vir mekaar bedoel. Alles wat mooi is vir julle!!!

  • Anel

    Sjoe! dit is ongeloofliklik mooi & romanties.Daar is niks so mooi soos ware liefde nie,dit spreek boekdele.Ons wens jul net die beste toe!!

  • sciemipreatte