Angelique en  Jacques Potgieter
FOTO: verskaf

Angelique en Jacques Potgieter FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Angelique Gerber se kêrel kom terug Suid-Afrika toe!

Dié geliefde aktrise en TV-persoonlikheid het op haar Instagram-blad aangekondig dat haar kêrel, Jacques Potgieter, wat tans in Australië rugby speel, pas ’n kontrak met die Sharks geteken het.

“Ek is só trots op dié man, wat nou vir die Sharks gaan speel. Hy hanteer elke situasie met soveel waardigheid!” het sy geskryf.

Jacques wat sedert 2013 vir die Waratahs speel in die Super Rugby-toernooi, het op sy beurt die besluit op Instagram aangekondig. “Ek wil uit my hart uit dankie sê vir elke ondersteuner, speler en afrigter, julle het my gevorm en help groei tot die persoon en speler wat ek vandag is,” het hy geskryf.

Hy sê ook dat Australië soos sy tweede huis voel oor die land hom met ope arms aanvaar het. Sy rede om terug te keer na Suid-Afrika is om by sy familie te wees, en vir die Sharks, waar hy sy loopbaan begin het, te speel.

Hy sal die seisoen by die Waratahs klaarmaak en in 2016 weer by die Sharks aansluit.

Lees ook: