FOTO: Instagram (@malindamcintyre)

FOTO: Instagram (@malindamcintyre)

Het jy gehoor?

Angelique, Hanna en Leandie in musiekvideo – kry hul voorkoms

Die aktrises Angelique Gerber, Hanna Grobler en Leandie du Randt het onlangs sanger Ampie du Preez se nuwe musiekvideo vir die lied “Plain Jane” verfilm.

Op Instagram en Twitter lyk dit of die sterre – elkeen uniek aangetrek – baie pret gehad het. Daar was selfs ’n bakkie en helikopter in die foto’s wat ons sien.

FOTO: Instagram (@malindamcintyre)

Die video word by die Vaalview Bonsmara Boerdery naby Vereeniging geneem. Hier is die drie aktrises saam met Ampie en ‘n boer. FOTO: Instagram (@malindamcintyre)

Hanna lyk klassiek en stylvol terwyl Angelique se voorkoms boheems is en Leandie spelerig aangetrek is. Kies die voorkoms wat die beste by jou persoonlikheid pas. Ons wys jou hoe om dié voorkoms te kry!

Klassiek sjiek – Hanna

Die los krulle in Hanna se hare is tydloos en glansryk. Sy lyk professioneel, vroulik en elegant. Jy kan dié krulle kry met haarrollers óf deur sommer jou krultang te gebruik. Klik hier om te sien hoe jy dié voorkoms kan kry!

Jy is ook ’n klassieke meisie as jy daarvan hou om:

  • Jou silhoeët te beklemtoon
  • Nie te veel partone en kleure by mekaar te dra nie, en
  • Jou juweliersware tot ’n minimum te beperk.

Wenk: Hanna se uitrusting is perfek saamgestel omdat daar ’n balans is tussen styf- en lospassende klere en helder patrone teenoor eenkleurige items. Gebuik haar as voorbeeld wanneer jy weer jou uitrusting saamstel.

Boheemse blommekind – Angelique

Angelique se nuwe ombré hare is perfek as jy van die boheemse voorkoms hou. Dié styl lyk asof jou hare natuurlik oorskakel van ’n donker skakering teen die wortels na ’n ligte of blonde skakering by jou punte. Gee jou hare dan natuurlike golwe en jy het die boheemse voorkoms onder die knie. Kry só golwende hare met jou stileeryster

As jy jou styl in dié van Angelique herken, hou jy tien teen een ook van:

  • Kleurryke uitrustings met patrone
  • Blompatrone of enige kleurvolle motiewe
  • Hare wat lank en los oor jou skouers hang, en
  • Juwele. Of dit nou ringe en armbande óf lang halssnoere is; jy meng en pas soos dit jou behaag!

Wenk: Hoewel jy waarskynlik ook van lospassende klere hou, maak seker dat jou figuur nie wegraak nie. Jy hoef nie noodwendig iets styfs te dra nie, maar kyk na jou klere se lengtes en groottes. Angelique se hemp en kortbroek sit nie styf om haar lyf nie, maar heel gemaklik; dit is die hempie se soom en die broek se belt wat steeds haar middel afwys.

Pa se plaaskind – Leandie

Die poniestert bly die beste manier om jou hare te dra as jy van ’n spelerige voorkoms hou. Wissel dit af deur soms jou poniestert met ’n paadjie in jou hare te dra en ander kere jou hare reguit terug te kam. Jy kan, soos Leandie, ook ’n keps bysit vir die perfekte plaasmeisie-voorkoms.

As Leandie se items ook in jou kas hang; besit jy dalk die volgende:

  • ’n Lekker hoed wat jou vel teen die son beskerm
  • Denimbroeke en -baadjies wat al baie herinneringe saam met jou beleef het
  • Stewels en toerygtekkies wat jy van dag tot aand sal dra
  • Frokkies in elke kleur

Wenk: Breek soms weg van dit waaraan jy gewoond is. ’n Oulike blompatroon-toppie of ’n rokkie met ’n bietjie kant-afwerking sal almal verras en sal jou naastes op hul tone hou soos hulle probeer wonder wat jy volgende aantrek.

Dié musiekvideo is nou bekendgestel. Kyk hier na “Plain Jane” se musiekvideo, wat bietjie inspirasie by Boer soek ’n vrou gekry het.