Het jy gehoor?

Anna Davel oor haar kurwes: “Dit is ‘n geskenk”

Dis so jammer om te sien hoeveel gesonde, pragtige vroue dikwels hul liggaam beledig. Daardie einste liggaam wat hul kinders baar, mans liefhet, ’n dag se werk afhandel, vriendinne vertroos, waardeur die bloed bruis.

“Jou voorkoms hang grootliks van jou gene en metabolisme af, maar jy kan dit baie opduiwel met jou leefstyl. Jy is verantwoordelik daarvoor om jou lyf goed te versorg. Hoewel ek nie mal is oor oefening nie, motiveer ek myself om dit te doen. Dit gee my energie en hou my gefokus, ook op die verhoog. Tuis doen ek strek-oefeninge, veral ná ’n lang dag voor die lessenaar, vir goeie bloedsomloop. Ek probeer twee keer per week die gimnasium besoek en roei en stap op die trapmeul.

“Gelukkig hou ek van gesonde kos: vrugte, soesji, rogbrood, slaai, neute. Maar ek het ook ’n suikertand. Daar gaan selde ’n week verby dat ek nie iewers ’n Ferrero Rocher-sjokolade, ’n lekker glas rooiwyn of kolwyntjie geniet nie. Solank die grootste gedeelte van wat ek inneem gesond is, is dit oukei en het ek vrede met die ekstra iets om die lyf.”