anna_mart
Het jy gehoor?

Anna-Mart nou die Goeie Fee in pantomime

Cinderella, een van die gewildste pantomimes, kry onder die regie van die legendariese Janice Honyeman weer lewe op die verhoog van die Joburg-teatersentrum.

Kykers kan uitsien na ’n topgehalte-produksie vol komedie en pragtige kostuums.

Die hoogtepunt is wanneer Aspoestertjie ná haar transformasie na die bal weggevoer word. En dis net daar waar Anna-Mart as die Goeie Fee haar betowering verhoog toe bring.

Die pantomime het ’n sterk rolverdeling. Tobie Cronjé en Robert Whitehead (Isidingo se bose Barker Haines) speel die twee stiefsusters.

Carmen Pretorius speel die rol van Aspoestertjie en Idols se Bongi Mthombeni is die Prins.

Kaartjies verkoop soos soetkoek en die groepbesprekings het reeds rekordverkope van meer as 25 000 kaartjies gehaal.

Kaartjies beskikbaar by Joburg Theatre

Tobie Cronjé het dié foto van homself as een van die stiefsusters op sy Facebook-blad gedeel:

Tobie Cronjé as een van die stiefsusters