FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Anna-Mart van der Merwe se nuwe fliek

Dit was ’n baie gewilde boek, toe ’n ewe gewilde toneelstuk en nou word Marita van der Vyver se briefroman, Dis koue kos, skat, vir die silwerdoek verfilm – met Anna-Mart van der Merwe in die hoofrol.

Deon Meyer en Diony Kempen se filmproduksiemaatskappy, Karoo Film Company, het die filmregte van die boek bekom en produksie op die rolprent begin in Mei.

Marita van der Vyver

Marita van der Vyver

“Marita het die draaiboek geskryf en dit is gereed vir produksie,” sê Deon. “Ons is verheug om te sê dat Anna-Mart van der Merwe ingestem het om die hoofrol van Clara te speel. Elzabé Zietsman, wat die rol van Clara op die verhoog gespeel het, sal die rol van Minette speel. Ons is in finale onderhandelinge met ’n formidabele akteur om die rol van Bernard, Clara se eksman, te speel.”

Die regisseur van die rolprent is Darrell Roodt. Roodt is bekend vir verskeie uitstekende Suid-Afrikaanse rolprente onder meer die Oscar-benoemde Yesterday. Hy was ook die regisseur van Karoo Film Company se rolprente Jakhalsdans en Die ballade van Robbie de Wee.

Dis koue kos, skat vertel die verhaal van Clara Brand wie se man, Bernard, haar verlaat vir Anaïs, een van Clara se beste vriendinne. Clara probeer sin maak van haar lewe en gaan deur al die vlakke van herstel, van woede tot aanvaarding.

Marita van der Vyver Dis koue kos, skat

 

 

 

Koop dié boek HIER

 

 

 

 

*Die vrystellingsdatum sal later bekend gemaak word.