Het jy gehoor?

Anne Hathaway is verloof!

Dié 28-jarige aktrise is verloof aan haar kêrel van 4 jaar, Adam Shulman (30), berig www.accesshollywood.com

Dié aankondiging kom kort ná hulle die naweek saam gesien is waar Anne ‘n verloofring gedra het. Die ring is glo deur Adam (wie self ‘n juweliersontwerper is) en Kwiat Heritage-juweliersware ontwerp.

Anne en Adam gaan sedert 2008 uit na haar stormagtige verhouding met Raffaello Follieri beïndig is. Follieri het skuldig gepleit op 14 aanklagte van bedrog en geldwassery.

Anne het in daardie tyd erken dat sy graag eendag wil trou. “Ek dink as ek eendag die regte persoon ontmoet, sal ek graag wil trou,” het Hathaway destyds gesê.

Anne Hathaway is eersdaags as Catwoman te sien in The Dark Knight Rises, die laaste Batman-fliek waarin Christian Bale gaan speel.

Lees die volledige artikel by www.accesshollywood.com