Het jy gehoor?

Anne Hathaway met kort hare?- foto’s

Nie eers drie weke terug nie was daar foto’s van Emma Watson wat haar hare in die gewilde pixie-styl gesny het. Anne is ook raakgesien op die stel van haar nuwe fliek waar sy met dié kort haarstyl rondloop. Haar fyn voorkoms laat dit egter goed by haar pas, berig Just Jared.

Sy eksperimenteer al lank met nuwe style – van ‘n elegante bob tot lang lokke. En die styl pas haar ook goed. Maar hoe permanent is dit? Gerugte doen die ronte dat dit net ‘n pruik is wat sy vir haar nuwe fliek dra, berig die Britse Daily Mail.

Sy het al voorheen gesê dat sy baie onseker oor haar voorkoms voel. “Ek het ‘n baie klein kop, maar ek gaan nie myself onderkry daaroor nie. Ek is wie ek is.”

Is dit dan hoekom sy net ‘n pruik dra en nie al haar hare wou afnsy nie?

Sy is op die oomblik in Parys, Frankryk besig met ‘n fliek One Day.