FOTO: Facebook Anne Hirsch

FOTO: Facebook Anne Hirsch

Het jy gehoor?

Anne Hirsch eersdaags aanbieder van The Great South African Bake Off

Sy ken van poetse bak, maar wat weet die plaaslike komediant Anne Hirsch van koek bak? BBC Lifestyle het vandag aangekondig dat sy en die komediant Donovan Goliath later vanjaar The Great South African Bake Off sal aanbied.

Dié reeks, wat uit 10 episodes bestaan, is op soek na die land se beste en veelsydigste amateur-bakker.

Anne het die goeie nuus op verskeie sosiale media-platforms gedeel. “Ek is verskriklik opgewonde…” het sy op onder meer haar Instagram-blad geskryf.

Super excited to host The Great South African Bake Off on BBC with Donovan Goliath! #GSABO

A photo posted by anne hirsch (@anne_hirsch) on

Die bekroonde sjefs Shirley Guy en Tjaart Walraven sal die deelnemers se gebak beoordeel. 

The Great South African Bake Off sal in Oktober op BBC Lifestyle (DStv-kanaal 174) op die kassie te sien wees.

Bron: DStv  

Lees ook