FOTO: SARIE

FOTO: SARIE

Het jy gehoor?

Anneline Kriel deel van Mej. Suid-Afrika-beoordelaarspaneel

Vanjaar se Mej. Suid-Afrika-beoordelaarspaneel is bekend gemaak, berig Heiress Lifestyle. Anneline Kriel is deel van die vierstuk-span wat oor minder as twee weke 12 van ons land se mooiste vroue gaan beoordeel. 

Anneline, wat in 1974 as Mej. Wêreld gekroon is, gaan saam met redakteur Kojo Baffoe, TV-persoonlikheid Bonang Matheba en Bloemfontein-ontwerper Casper Bosman die moeilike taak aanpak om ’n nuwe Mej. Suid-Afrika aan te wys.

Eienskappe soos leierskap, kommunikasie-vermoë, skoonheid, talent, fisieke fiksheid en pligsgetroue gemeenskapsdiens word in ag geneem tydens die beoordeling.

Mej. Suid-Afrika 2015 word Sondag 29 Maart by die Sun City Superbowl gekroon. Dié glansgeleentheid sal ook vanaf 17:30 regstreeks uitgesaai word: op M-Net (kanaal 101 op DStv) en Mzansi Magic (kanaal 161).

Lees ook

Anneline Kriel praat oor skoonheid in haar 50’s

Mooie Anneline Kriel met haar 2 ewe beeldskone dogters

Só lyk Mej. SA 2015 se finaliste | SARIE

Gangs of Ballet, Beatenberg en Sterling EQ tree op by vanjaar se Mej. SA