FOTO: Antonio Banderas en Annie Malan

FOTO: Antonio Banderas en Annie Malan

Het jy gehoor?

Annie Malan skuur skouers met bekendes by Cannes

Die gewilde aktrise en sakevrou Annie Malan was gisteraand by die jaarlikse amfAR-gala, wat deel is van die Cannes-rolprentfees. Dié sterbelaaide gala samel geld in om vigs te beveg. 

Annie het onder andere vir Antonio Banderas daar raakgeloop. “Hy was baie vriendelik en het die foto’s baie geniet,” laat weet sy vanuit Frankryk.

Sy het ook met een van Hollywood se invloedrykste vervaardigers, Harvey Weinstein, wat al met vyf Oscars bekroon is, gesels. Hy het vir haar vertel dat Sharon Stone nie soos gewoonlik vanjaar se amfAR-gala aangebied het nie, weens politiek tussen haar en die organiseerders.

Annie het ook vir Jake Gyllenhaal (Brokeback Mountain), Kenneth Cole (amfAR-voorsitter) en Robin Thicke (sanger) by dié geleentheid ontmoet.

Sy gaan oor die naweek weer op die rooi tapyt wees by die Cannes Finale, en sy sal ook die grand prix bywoon. Hou SARIE.com dop vir meer foto’s.

Haar rok is deur Henja Schaap ontwerp.