Anriëtte Schoeman
Het jy gehoor?

Anriëtte Schoeman oor fietsry en dieet

Met die Kaapstad-fietstoer wat agter ons lê, kyk fietsry-entoesiaste reeds met groot oë na die volgende groot uitdaging. En vir baie van hulle is dit die strawwe Absa Cape Epic. 

Die Suid-Afrikaanse padfietsrykampioen Anriëtte Schoeman het 5 minute uit haar dag geneem om dié paar vrae vir te beantwoord*.

5 minute met Anriëtte Schoeman

Die Suid-Afrikaanse padfietsrykampioen, Anriëtte Schoeman, en oud-Springbok losskakel en Wêreldbeker rugbyheld, Joel Stransky is die Liqui-Fruit bergfietsryspan wat die Absa Cape Epic (15 tot 22 Maart) in die gemengde afdeling aanpak.

So wat beteken dit om Cape Epic-gereed te wees? Anriëtte, wat aan haar eerste Absa Cape Epic gaan deelneem, vertel vir ons van haar voorbereiding vir die Wes-Kaapse 800km bergfietsry-skofresies.

Jy is ’n padfietsrykampioen. Wat het jou laat besluit om aan jou eerste Absa Cape Epic deel te neem?

Ek is senuweeagtig, maar terselfdertyd is ek opgewonde. Ek dink die Absa Cape Epic is een van daardie geleenthede wat op enige geesdriftige fietsryer se doenlysie moet wees. Ons is so bevoorreg om ’n geleentheid van dié kaliber reg op ons voorstoep te hê. Ek wou dit lank al gedoen het.

Was dit ’n maklike oorgang en hoe het jy daarvoor voorberei?

Ek het baie basis kilometers afgelê, maar meestal op die pad. Omdat ek nog aan talle nasionale padfietsrywedrenne en die Kaapstad Fietsrytoer deelgeneem voor die Absa Cape Epic, is al die lang ure wat ek met my padfiets gery het voordelig vir my fiksheid. Omdat ek my dun padfietsbande nou vir vet bande moet verruil, het ek behoorlik op grondpaaie begin oefen. Ek geniet bergfietsry, veral omdat ek dit aanvanklik vir pret begin doen het. Ek kan nie sê dat ek baie selfvertroue op my bergfiets uitstraal nie omdat ek nie die nodige tyd daarop spandeer het nie. Gewoonlik oefen ek op my padfiets en dan spring ek op my bergfiets sommer ’n week voor ’n wedren om te kyk of alles nog werk! Ek moet bieg, wanneer dit kom by die tegniese aspekte, het ek nogal baie ‘kom-ons-kyk-wat-gebeur’ oomblikke op my bergfiets gehad!

Waarna sien jy die meeste uit?

Ek is oor alles opgewonde! Dit sal ’n groot avontuur wees en dit was al lank op my doenlysie! Ek dink almal met ’n avontuurlustige gees behoort hierdie pragtige wedren ten minste een keer aan te pak. Die is vir my ’n ongelooflike voorreg om daaraan te kan deelneem en ’n merkwaardige geleentheid waarvan ek die meeste sal maak. Dit sal moeilik wees, maar ek sal dit een dag op ’n slag neem.

Watter aspekte van voeding dink jy is die belangrikste vir sportvroue?

Atlete volg nie ’n dieet en doen oefening nie, ons eet en oefen hard. Moet eerder nie maaltye uitsny of minder kos eet nie. Eet eerder reg om jou liggaam die nodige energie te gee om harder te oefen. Jou gewig sal dan self aanpas. As jy so nou en dan lus is vir sjokolade, eet dit. As jy hard genoeg oefen, kan jy enigiets met matigheid eet.

*Liqui-Fruit is die amptelike drankborg van die 2015 Absa Cape Epic.

Anriëtte Schoeman

*Dié inligting kom uit ’n persverklaring.