FOTO: Instagram antoniobanderas

FOTO: Instagram antoniobanderas

Het jy gehoor?

Antonio Banderas hou sy lyf mode-ontwerper

Van Assassins tot The Mask of Zorro, ons het al oor die jare vir die akteur Antonio Banderas in ’n paar interessante kostuums gesien, en nou is hy een van die dae self ’n modeontwerper, berig Hello!

Die Spanjaard het verlede maand trots aangekondig dat hy nou ’n student by die wêreldbekende ontwerpskool Central Saint Martins in Londen, Engeland, is. Hy volg dus in die mode-voetspore van bekende ontwerpers soos Stella McCartney en Alexander McQueen.

“… Ek het die tyd van my lewe by Central Saint Martins,” het dié foto se onderskrif gelees wat Antonio met sy duisende Instagram-volgelinge gedeel het.

Maar hoekom sal ’n 55-jarige akteur met ’n netto waarde van $45 miljoen (meer as R600 miljoen) sy lyf modeontwerper hou? Volgens The Hollywood Reporter is dit iets wat Antonio al lank wil doen en hy glo dat daar ’n leemte in mansmode is. Hy wil veral mantels vir mans ontwerp, en wie nou beter as Zorro om dié tydlose moulose jasse te maak.

Antonio-aanhangers hoef nie te bekommerd te wees nie: Die akteur, wat al in 92 flieks gesien is, beplan om in die toekoms nog flieks te maak.

Bronne: Hello! en The Hollywood Reporter

Lees ook