Het jy gehoor?

Antonio Banderas vind weer liefde ná huwelik van 18 jaar eindig

Die Spaanse akteur Antonio Banderas en aktrise Melanie Griffith het vroeër vanjaar aangekondig dat hulle ná 18 jaar gaan skei. Nou lyk dit of Antonio weer liefde gevind het. 

Die 54-jarige Antonio is reeds in Mei vanjaar by die Cannes-filmfees saam met Nicole Kimpel gesien en dit wil voorkom of dié twee nou ’n paartjie is, berig Hello!Hulle het ook onlangs in Saint-Tropez gaan vakansie hou.

Die langbeen Nicole is ’n Nederlandse beleggingskonsultant, maar glo nie verantwoordelik vir Antonio en Melanie se verbrokkelende huwelik nie. Nicole en Antonio het blykbaar eers ontmoet ná hulle besluit het om te skei.

Toe Melanie (56) in Junie vanjaar vir ’n egskeiding gevra het, het dié paartjie saam ’n verklaring uitgereik. Hulle het gesê:

“Ons het lank hieroor gedink en saam besluit om ons huwelik van byna 20 jaar te beëindig. Ons doen dít op ’n liefdevolle en vriendelike manier en respekteer mekaar, ons familie, en ons vriende asook die goeie tyd wat ons saam spandeer het.”

Dit gaan ook goed met Melanie. Sy het in ’n onderhoud met Indie Wire gesê sy spandeer nou haar energie op haar loopbaan. “Dit gaan nou vir my om goeie werk te kry en om gelukkig te wees. My kinders is byna groot, ek is besig om te skei. Ek is net gelukkig. Ek is vol vreugde. Die lewe is goed.”

Melanie Griffith Antoino Banderas

Bronne: Hello! en Indie Wire