FOTO Anika Molnár

FOTO Anika Molnár

Het jy gehoor?

Armand sê Hollywood roep!

In SA is sy loopbaan aan die ontplof, maar akteur Armand Aucamp se kop staan ook Hollywood toe. Met sy lang lyf en onblusbare energie word hy dalk net ons volgende uitvoerproduk na die Stad van Drome.

Jy kan jou voorstel sy oë het net so lewendig geflonker toe hy as sesjarige knaap heeldag saam met sy broer op die oewer van Loch Ness in Skotland gesit het. Vir ’n foto van die legendariese Nessie! “My pa, destyds ’n professor in geskiedenis aan Fort Hare in die Oos- Kaap, was vir navorsing daar en het ons saamgevat. My ma het gesê as ons ’n foto van die monster kan neem, kan ons ’n miljoen dollar daarvoor kry!” En dan: “Ek dink hy’s daar. Ek dink daar is beslis iets.” Gevolg deur ’n helder lag om te wys hy is nie eintlik ernstig nie. Wel, dalk so ’n klein bietjie.

FOTO: Instagram (@armandaucamp)

FOTO: Instagram (@armandaucamp)

Een droom werk hy egter daadwerklik. Sy kop staan Hollywood toe. Hy het reeds aansoek vir ’n werkspermit gedoen en wie weet, wanneer die artikel verskyn, is
hy dalk reeds daar.

Besig om mense in ’n restaurant te bedien, want hy weet: Hy gaan onder begin. Nes hy hier ook maar moes.

“Jis, ja, ek is lus vir ’n avontuur. Ek beplan egter om steeds gereeld in Suid- Afrika te kom werk.”

Dan kook die geesdrif oor: “Og, ek sien báie daarna uit.”

Jy het ’n bestuurder in LA en sy is blykbaar gesog . . .

Ek het vriende wat al vier jaar daar is en steeds nie ’n bestuurder het nie. Jy moet weet, elke mens wat jy in LA ontmoet, is ’n akteur, draaiboekskrywer of regisseur (of aspirerend). Om ’n voet in die deur te kry, hang af van wie jy ken. Terwyl ek vir die TV-mini-reeks The Book of Negroes in Kanada was, het ek Michael Levine, een van die uitvoerende vervaardigers, ontmoet. Hy het my aan ’n paar mense voorgestel toe ek LA later besoek het. Soos Bernie Cahill van ROAR, die bestuurder van die Hemsworth-broers, Chris en Liam. Ek was nogal geïntimideer deur daai mense en het Stephanie Moy van Elevate Entertainment as my bestuurder daar gekies omdat ek ’n persoonlike konneksie met haar voel. Sy bestuur onder meer vir Hayden Christensen van die Star Wars-sage.

Daar is ’n tweede reeks van Die Boekklub op pad . . .

Ons begin vroeg aanstaande jaar skiet. Dis so ’n lekker groep mense. Jana [Cilliers] . . . net om in haar teenwoordigheid te wees ground jou, sy het daai kalmerende e ek. Dan kom June [van Merch] ingestap, sy is nes haar karakter en soos ’n warrelwind. Jy sit daarna half verdwaas en wonder wat het nou net gebeur? Ek is baie bewus van die verskillende energieë wat almal uitstraal, want dan kan jy dit vat en gebruik, teenoor dit speel.

– Die uittreksel kom uit SARIE se Oktober-uitgawe, nóú te koop.

Lees nou

Kristen Stewart laat die koppe draai – à la Hillary Clinton

Lupita wéér in Suid-Afrika

Is dít Natalie se volgende Oscar?