Het jy gehoor?

Arno Carstens neem liedjie saam met Robert Pattinson se suster op

Arno Carstens toer tans in SA om sy nuwe CD Wonderful Wild bekend te stel.

Arno se omswerwinge in Spanje en die VK (hy woon die afgelope tyd in Londen) was ‘n kreatiewe reis saam met Giles Martin, James Walsh, Jim Duguid en Youth. Laasgenoemde is ‘n legendariese Britse vervaardiger saam met wie Arno tyd in Spanje deurgebring het om liedjies vir die Wonderful Wild-album te skryf.

Carstens het so baie liedjies saam met Jim Duguid geskryf en opgeneem dat daar byna genoeg vir ‘n aparte album was. Hy het toe met ‘n paar van die opwindendste vrouestemme in Londen saamgewerk om van die liedjies op te neem. En een daarvan was saam met Robert Pattinson (van Twilight) se suster, Lizzy Pattinson.

Arno het selfs Jay-Z, musieklegende en Beyoncé se man, se aandag getrek. Hulle tree albei vanaf 11 tot 13 Junie by die Isle of Wight-fees op en Jay-Z het Arno as sy ‘moet-sien’-optrede van die fees gelys.

Hy is gisteraand (11 Mei) met ‘n vol saal in Kaapstad begroet. Onder die bekendes wat dit bygewoon het, was Nico en Christi Panagio, Schalk Burger, Bryan Habana en sy vrou, Janine, en Michelle McLean.

Sy band vir die SA-toer is Kevin Leicher (kitaar), Warren Leicher (baskitaar), Arnaud van Vliet (kitaar), Jerome Reynard (tromme) and Brendan Jury (klawerbord en viool).

Kyk die kortfilm oor Arno se reis na Wonderful Wild


  • Thelna Esterhuizen

    Arno. Jy is awesome! Handsome en fantastiese artist. Love jou stem, kreatiwiteit, andersgeit! Wow, hoe is dai Spain studio!? Kan net creative wees daar. Kom bietjie Midde Ooste toe! Jy rock!!!!!!!

  • CastroCarolina

    According to my exploration, billions of people all over the world receive the personal loans at various creditors. Thence, there is good possibilities to receive a student loan in all countries.