FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Arno en Lizanie se laaste dae voor baba kom

Sanger Arno Jordaan en vroulief Lizanie geniet hul laaste paar dae van stilte en rustigheid voordat hulle hul eersteling verwelkom.

Arno en Lizanie sien uit na hul kleinding se koms môre, 12 Desember. Hulle het nog nie die naam aan die media bevestig nie, maar uit sosiale media kan ons aflei dat hulle hom Milan gaan noem.

Hy het gister dié foto op sy Facebook-blad gedeel met die onderskrif: “My en Lizanie se laaste ete alleen voor daai bullietjie sy verskyning maak!”

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Voorbereiding vir Baba Jordaan se koms:

 

Lizanie en Bobby van Jaarsveld se vrou, Annatjie, by die première van As jy sing – sien nog foto’s van dié geleentheid HIER.

 

Hulle het vroeg al geskenke vir Baba Jordaan van familie en vriende gekry.

 

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Arno se broer Dewald was vroeër die jaar in ’n ernstige motorongeluk – lees meer hier. Hy sterk goed aan en is besig met rehabilitasie en herstel, sê Arno op sy Twitterblad.