arno
Het jy gehoor?

Arno Jordaan praat uit die hospitaal

Arno was gister omstreeks 11:00 alleen in sy week-oue Land Rover op die Krugersdorp-pad. Nadat hy ‘n motor wou verbysteek, het ‘n trok in die regterbaan stadiger gery as wat hy verwag het. Hy het weer teruggeswaai na die linkerbaan, maar die vragmotor se agterkant getref. Sy motor is deur ‘n heining en het 40 m verder in ‘n grasveld tot stilstad gekom.

Volgens Jordaan is dit net die Here se genade en die tipe motor wat sy lewe gered het. Hy het aan Beeld gesê: “Die kar het nie eens gerol nie. As dit ’n ander kar was, sou dinge baie erger uitgedraai het.”

Arno en sy span het dadelik op Twitter laat weet dat sy beserings nie te ernstig is nie, nadat hulle hierdie foto van sy Land Rover gedeel het:

Arno Jordaan

Arno is gister uit die hospitaal ontslaan met ‘n gebreekte duim en glasstukke het hom in sy oog gesny waarvan die splinters verwyder moes word.

Arno Jordaan

Arno moes 2 konserte in Pietermaritzburg die naweek kanselleer, omdat hy nie kitaar kan speel nie.  Sy Land Rover is ook afgeskryf.

Ondersteuning vir dié sanger het van rugbyspelers tot mede-sangers via Twitter gekom:

Arno JordaanArno JordaanArno JordaanArno JordaanArno JordaanArno JordaanArno JordaanArno JordaanArno JordaanArno Jordaan