Het jy gehoor?

Arno Jordaan se broer in motorongeluk, kritiek

Die sanger Arno Jordaan se broer Dewald Jordaan was vanoggend (2 Oktober) in motorongeluk. Só word op sosiale mediablaaie en Arno se Twitterblad berig.

“Hi julle.my broer @Dewaldjordaan was in n groot ongeluk.hy en die dame is kritiek!bid asb vir hulle @ER24EMS” het Arno op sy Twitterblad geskryf.

Volgens ER24 se webtuiste het ‘n jong man en vrou ernstige beserings opgedoen ná ‘n kop-aan-kop-botsing op De Villabois Mareuil-rylaan tussen Atterbury en Garsfontein in Pretoria vanoggend. Die jong man is Arno Jordaan se broer, Dewald.

Beide Dewald en die ander vrou moes uit hul motorwrakke gehaal word omdat die motors aan die brand geslaan het. Die vrou is per helikopter na Milpark Hospitaal geneem en Dewald is in ‘n kritieke toestand ná hy ernstige beenbreke opgedoen het. Lees ER24 se volledige verslag hier.

Klik op Arno se Twitterblad vir foto van die ongelukstoneel