FOTO: Instagram realevanross

FOTO: Instagram realevanross

Het jy gehoor?

Ashlee Simpson deel eerste foto van haar babadogtertjie

Die glanspaar Ashlee Simpson en Evan Ross het byna twee maande gewag om ’n foto van hul baba, Jagger Snow Ross, met die wêreld te deel, berig Huffington Post

Ashlee het dié foto met haar duisende Instagram-aanhangers gedeel: “Ons is baie lief vir Jagger Snow Ross. Evan is die beste pa in die wêreld … ” het sy daarby geskryf.

Die trotse pa het op sy beurt op Instagram geskryf: “… Ek is lief vir jou Ashlee. Jy is die beste ma in die wêreld.”

A photo posted by @ashleesimpsonross on

Jagger is Evan se eerste kind. Ashlee het nog ’n seun, Bronx, wat uit haar vorige huwelik, met die musikant Pete Wentz, gebore is.

Ashlee en Evan is verlede jaar in Augustus getroud.

Bronne: Huffington Post en US Magazine

Lees ook