FOTO Instagram / @ashleyjudd

FOTO Instagram / @ashleyjudd

Het jy gehoor?

Ashley Judd gaan ’n PhD aanpak

Sy is nie net beeldskoon nie, sy is slim ook! Die Hollywood-aktrise Ashley Judd het onlangs op sosiale media aangekondig dat sy ’n PhD by die Universiteit van Kalifornië gaan voltooi. En in niks anders nie as openbare beleid!

Ashley het in 2007 haar B-graad in Frans by die Universiteit van Kentucky voltooi. En in 2009 het sy haar meestersgraad in openbare administrasie by Harvard behaal.

Maar sy is nie al bekende wat al ’n PhD aangepak het nie.

Dié bekendes het ook doktorsgrade:

Mayim Bialik, The Big Bang Theory

Sy speel die slim wetenskaplike dr. Amy Farrah Fowler in die Amerikaanse sitkom The Big Bang Theory. Maar in 2007 het Mayim self ’n doktorsgraad in neurowetenskap behaal.

 

Shaquille O’Neal, basketbalspeler

Ná 19 seisoene op die basketbalbaan het Shaquille in 2011 uitgetree. ’n Jaar later het hy ’n PhD in leierskap en opvoedkunde aan die Barry-universiteit in Miami Shores, Florida, voltooi.

 

Brian May, Queen se hoofkitaarspeler

Glo dit of nie, maar Brian het ’n PhD in astrofisika voltooi by die Imperial College in Londen!