Het jy gehoor?

Aspoestertjie blog: Die MJ-faktor is in!

Volgens SARIE se mode-blogger, Aspoestertjie, is Michael Jackson se trendy baadjies nou groot mode-nuus.

“Ek het grootgeword met Michael Jackson-musiek, te danke aan ‘n ouer broer wat ‘n groot fan was. Ek onthou hoe baie ek van sy Black and White-musiekvideo gehou het!! Hy was die KING OF POP. Soos ek ouer geword het, het MJ nogal vreemd geword. Alles wat ek in die media gesien het van hom was weird. Hy was die man wat sy baba oor ‘n balkon lat hang, sy kinders se gesigte met lappe toemaak wanneer hulle in die publiek is en al sulke goed. Dit was asof hy die kluts kwyt geraak het.

“Die dag toe hy dood is, het alles verander, my persepsie het verander. Hy was weer eens opgehef vir alles wat hy reg gedoen het en nie verkeerd nie. MJ is ‘n legende!!

“Hy sal vir altyd op een of ander manier ‘n verskyning maak in ons popkultuur, op die oomblik is hy die inspirasie vir ‘n klomp modes. Een van hulle is baadjies. Hy het altyd uitspattige uniforms gedra, amper asof hy die generaal van sequins en bling was. Die baadjie-trend is nou orals te sien by celebs oorsee.

“Die kans is goed dat jy een van die dae (indien nie al klaar nie) hierdie styl baadjies in winkels hier kan koop. Jy het miskien ‘n soortgelyke baadjie wat die ding kan doen. Dra dit met baie selfvertroue en weet dat dit nie die laaste is wat jy sal sien van MJ nie.”

Aspoestertjie, mode-blogger

Klik om te sien hoe die sterre dié trend dra.

  • o9iuc0 nfifucbmghvb, [url=http://ckfsskcgongh.com/]ckfsskcgongh[/url], [link=http://tckhvotuxazx.com/]tckhvotuxazx[/link], http://stxgwemskrpg.com/

  • chantelle

    nee dankie

  • xtRb2n lnjcsqzmdrdt, [url=http://wbrzqtnylvjt.com/]wbrzqtnylvjt[/url], [link=http://abblhcltmktw.com/]abblhcltmktw[/link], http://jllcxmslzwpp.com/