Het jy gehoor?

Aspoestertjie blog: Groot hare is terug!

SARIE se mode-blogger, Aspoestertjie, wys jou al die nuutste trends vir hare in haar nuwe blog. Volgens haar is groot hare weer in die mode.

“Wie sou ooit gedink het dat groot hare weer mode sou word! Dis goeie nuus vir al julle vrouens wat hou van julle haarspray en teaze kamme! Jy kan nou met trots jou groter hare dra, so groot, pofferig en kliphard gespuit.

Dit is interessant om te sien hoe die styl anders is as van tevore. Ek dink minus die perm is dit dalk nou bietjie mooier. Ek het lang hare, en sal hierdie nog een of ander tyd uit probeer. Sal dan my skouer kussings in my baadjie druk en gaan cocktails drink in Sandton.

Die trend kan verseker vir jou werk! Moet net nie skrik as mense lekker lag in die begin nie… hulle sal nog bykom.”

Aspoestertjie, mode-blogger.

Klik om te sien hoe dié trend gedra kan word.