Mischa Barton

Mischa Barton

Het jy gehoor?

Aspoestertjie blog: Haar-bykomstighede is groot modenuus

SARIE se mode-blogger, Aspoestertjie, wys jou al die nuutste trends vir dié somer se haar-bykomstighede in haar nuwe blog.

“Wees ‘n bietjie gutsy en baie kreatief.

“Haar-bykomstighede is vir my so mooi. Ek dra gereeld wat my man sou noem ‘head gear’. Dit is enigiets van ‘n hoed tot ‘n haarband. Ek probeer om altyd kleure te kies wat mooi by my uitrusting pas, maar soms moet ‘n mens sommer net iets dra vir die lekker en nie te veel kommer of dit pas of nie.

“Een ding wat ek geleer het, is dat jy jou nie moet steur aan mense se kommentaar as jy iets nuuts probeer nie. Nie almal hou van Picasso se verfstyl nie. Kan jy dink as hy hom daaraan gesteur het en sy styl eerder meer konvensioneel gemaak het?

“Wees gutsy en dra wat vir jou mooi lyk. Verbeel jou iemand anders het dieselfde uitrusting gedra en vra jouself of jy daarvan sou hou. As die antwoord ja is, is jy in die kol.

“Dra hierdie somer enigiets in jou hare. Maak dit, koop dit of leen dit. Gebruik jou inisiatief! Ek gaan sommer nou my pa se strikdasse knip en op my alice band plak” 

– Aspoestertjie, mode-blogger.

Klik om te sien hoe die sterre dié trend dra

  • http://ofloqjxrtuia.com/ ecshxx

    Kh7mx6 gdxgufotzysl, [url=http://fllnwlwlvtzq.com/]fllnwlwlvtzq[/url], [link=http://goesbdntqjjt.com/]goesbdntqjjt[/link], http://frtvwtimfmyo.com/