karlien
Het jy gehoor?

Aspoestertjie-Karlien vs Sneeuwitjie-Nádine

Sprokies is nou weer groot nuus. Hollywood kry gereeld inspirasie van die gunsteling-stories uit ons kinderdae vir hul silwerdoek-treffers. Net vanjaar word daar 7 sulke flieks bekend gestel, sê IMDB.

En hier op eie bodem word ons deur pantomimes vermaak waarin groot Afrikaanse sangeresse soos Karlien van Jaarsveld en Nádine speel.

Verlede jaar was die eerste Afrikaanse pantomime, Aspoestertjie, ’n groot sukses. En nou vermaak die tweede Afrikaanse pantomime, Sneeuwitjie, gehore by die Emperors Palace aan die Oos-Rand. Karlien van Jaarsveld het geskitter as Aspoestertjie en Nádine was ʼn ooglopende keuse om die rol van Sneeuwitjie te speel! Sy het ook haar hare donkerder gekleur vir die rol.

Fanie Cronje het met ons eie Aspoestertjie en Sneeuwitjie gesels.

Aspoestertjie

Aspoestertjie

Karlien van Jaarsveld

Sneeuwitjie

Nádine

Persoonlike hoogtepunt
“Om elke keer te transformeer tot die prinseskarakter en om te sien hoe drome waar kan word. Alles is moontlik!” “Ontmoeting met die 7 dwergies.”
Lekkerste aspek van dié rol
“Om myself elke keer te kan inleef in dié sprokie. Dieselfde sprokie waarheen ek as kind ontsnap het as ek dit gehoor of gelees het.” “Sneeuwitjie sien net die goed in almal en alles om haar raak. Sy wil nie die mooiste wees of regeer nie. Wil net gelukkig wees. Haar droom vir geluk word waar wanneer haar prins haar vra om te trou. Sy gaan dood en word weer lewendig (gesoen).”
Kostuum
Rok verander in ʼn oogwink op verhoog van armsalige room-en-wit rokkie tot ʼn ligblou balrok. Was die eerste keer dat so iets op SA verhoog gesien is. En die rok se ontwerper was Anel Botha. Trourok was groot in omtrek en 10 kg swaar. Met sneeu as tema is daar rye en rye “sneeuvlokke” van net op die rok vasgewerk. Het ses weke geneem om te maak. Die rok is deur Diaan Daniels ontwerp.
Geselskap se grootte
16 lede 18 lede
Gelukkige einde
Trou aan die einde met haar geliefde prins. Trou aan die einde met haar geliefde prins

Fluit, fluit die storie is (nog) nie uit nie! Daar word reeds planne gemaak om die vreugdevolle ervaring die volgende jaar weer te laat gebeur.

“Ons oorweeg twee sprokies op die oomblik, en het onderskeidelik vroulike en manlike kunstenaars in gedagte vir die hoofrolle. Hou die spasie dop, ons laat weet julle binnekort”, het Lisa-Marie Keyser, die uitvoerende vervaardiger, aan Fanie Cronjé gesê.

Kyk die lokprent van Sneeuwitjie hier

– Vertonings is Vrydae tot Sondae. Kaartjies kos R150 tot R250 en duur tot 12 Junie.