Claudia-Magazine-Cover-audrey-hepburn-5518113-984-1312
Het jy gehoor?

Audrey Hepburn se geheime sien die lig

Sy is een van Hollywood se grootste ikone. En selfs ná haar dood word Audrey Hepburn se eenvoudige styl steeds nageboots. Maar nou is dié Oscar-wenner vir ander redes in die nuus: 10 persoonlike briewe gaan opgeveil word.

Die briewe, wat inligting oor haar liefdesteleurstellings, vrese en geluk bevat, is tussen 1951 en 1960 neergepen, berig Vanity Fair. Dit sal glo later vanjaar vir £4 000 (sowat R86 563) deur die afslaers Bonhams in Londen opgeveil word.

FOTO Bonhams

FOTO Bonhams

Sy het dit aan haar mentor, sir Felix Aylmer, geskryf. Aylmer was ’n Britse verhoog-akteur.

In die eerste brief vertel Audrey sy is verloof aan die Engelse sakeman, James Hanson. In haar volgende een hoe sy hul troue reël tussendeur die verfilming van Roman Holiday in Rome, Italië. Sy het selfs haar trourok daar gekoop. Sy beskryf ook elke detail van haar rok aan hom.

Audrey het in 1953 die Oscar as beste aktrise vir dié einste rolprent gewen. Maar ongelukkig haar verlowing met James verbreek.

Sy skryf aan Aylmer oor die teleurstelling:

“Ek laat weet jou met ’n swaar hart dat ek en James nie meer verloof is nie. Ek het ’n jaar lank gehoop ons loopbane en lewens saam sal uitwerk, maar ons was nie gelukkig nie.”

- Audrey Hepburn

Nie lank daarna nie, raak sy verlief op die akteur Mel Ferrer. Hulle trou in 1954 in die geheim in Switserland. Audrey skryf voor dit aan Aylmer:

“Dit sal vir ons ongelooflik spesiaal wees as jy by ons troue is. Ons sal Vrydag ’n motor stuur om jou te gaan haal. Net ons familie sal daar wees. En Saterdag is die troue. Ons hou dit geheim sodat die media dit nie uitlap nie.”

- Audrey Hepburn

Audrey en Mel se huwelik was nie gelukkig nie. Ná twee miskrame is hul enigste seun, Sean Ferrer, gebore. Sy skryf ’n maand ná sy geboorte aan haar mentor:

“Sean is werklik ’n droom en ek kan nie glo hy is ons s’n nie. Ek wil hom graag vir jou wys. Ons drie stuur ons liefde.”

- Audrey Hepburn

Die briewe, wat jare lank in besit van Aylmer se familie was, gee ’n unieke blik op die lewe van Audrey se private lewe. Boonop in haar eie woorde.

Bronne: Vanity Fair, Daily Mail, BBC

Lees nou

Eet Audrey Hepburn se gunsteling-gereg: penne alla vodka

Hollywood-ikone se kleindogters

Kry Audrey Hepburn se styl in 5 stappe