Het jy gehoor?

Die fliek Avatar het glo mense depressief

Die Avatar-fliek is op almal se lippe, en nou lyk dit of James Cameron se skepping mense wêreldwyd in depressie gedompel het. Aanhangers het via die film se forum laat weet dat hulle sukkel met depressie en selfmoordgedagtes ná hulle die fliek gesien het. En dit gaan blykbaar daaroor dat hulle na die skoonheid van die ruimtewesens se wêreld, Pandora, verlang.

“Ways to cope with the depression of the dream of Pandora being intangible” het meer as 1 000 boodskappe van aanhangers met depressie gekry, asook dié wat hulle probeer help het. Dit het so populêr geraak dat die web-administrateur, Philippe Baghdassarian, ‘n tweede ‘skryfplek’ moes begin vir al die kommentaar wat ingestroom het. (Bron: www.cnn.com)

* Kyk na die voorskou en luister na die musiek uit die fliek.

* As jy dit nog moet sien, gaan na Ster-Kinekor of Nu Metro om jou kaartjie te bespreek.