FOTO: Instagram  avrillavigne

FOTO: Instagram avrillavigne

Het jy gehoor?

Avril Lavigne en Chad Kroeger se paadjies skei

Die sangeres Avril Lavigne en die Nickelback-sanger Chad Kroeger se huwelik is op die rotse, berig Popsugar.

Avril het op haar Instagram-blad geskryf dat sy en Chad saam onvergeetlike oomblikke geskep het in hul huwelik en deur hul musiek. Sy het ook gesê dat hulle altyd beste vriende sal bly en steeds baie vir mekaar omgee.

Die rede vir die egskeiding is steeds onbekend. Hulle is in Julie 2013 getroud en daar is nie kinders uit hul huwelik gebore nie.

Lees ook

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER