FOTO: Instagram  avrillavigne

FOTO: Instagram avrillavigne

Het jy gehoor?

Avril Lavigne positief oor haar stryd met Lyme-siekte

Avril Lavigne is verlede jaar met ernstige Lyme-siekte gediagnoseer nadat ’n besmette bosluis haar gebyt het. Die 31-jarige sangeres was vir 5 maande bedlêend, maar nou is haar toestand heelwat beter, berig Popsugar

Dié siekte is nie aansteeklik nie en kan met die regte behandeling heeltemal genees word. Simptome sluit in ’n rooierige uitslag, spierpyn en ernstige hoofpyn.

Danksy Instagram hou sy haar miljoene aanhangers ingelig oor haar herstelproses. “Veg en oorwin,” het sy onder dié foto van haar in ’n dokterspreekkamer geskryf.

A photo posted by Avril Lavigne (@avrillavigne) on

Volgens Popsugar is Avril ook besig om geld in te samel vir kinders en jong volwassenes wat ook Lyme-siekte het. 

Avril is vroeër vanjaar van haar man, die musikant Chad Kroeger, geskei. Hulle was slegs twee jaar getroud.

Bronne: Popsugar en Daily Mail

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!