article-2586629-1C79667000000578-810_634x886
Het jy gehoor?

Baba nommer 2 vir Kim en Kanye?

Kim Kardashian en Kanye West hoop om gou goeie nuus oor ’n moontlike tweede baba te kry, skryf Us Weekly.

Verskillende bronne wat na aan die paartjie is, het aan Us Weekly vertel dat Kim hoop om direk na haar en Kanye se troue dié maand swanger te wees met haar tweede kleinding. Die paartjie se eersteling, North West, is reeds 10 maande oud.

Klein North West  FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Klein North West
FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Bekendes wys hul babas

“Sy wil hê haar kinders se ouderdomme moet na aan mekaar wees,” het een van die bronne gesê.

Kanye het Kim in Oktober op haar verjaardag gevra om te trou. Die paartjie beplan tans om op 24 Mei in Parys, die stad van die liefde, te trou.

Wat dink jy van Kim se korter haarstyl?

Kim en Kanye FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Kim en Kanye
FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Baba North ontmoet belangrike mense

Klein North West is nog nie eens een jaar oud nie, maar sy het reeds een van die mees invloedryke vroue in die wêreld van tydskrifte en mode ontmoet …

Kim het gister ’n foto op Instagram gedeel van haar, North en die redakteur van Vogue, Anna Wintour. Dié foto is geneem toe Anna en Kim oor die realiteitster en haar verloofde se voorblad op die tydskrif gepraat het.

Anna Wintour (links) en Kim gesels terwyl North na die kamera kyk FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Anna Wintour (links) en Kim gesels terwyl North na die kamera kyk
FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Op die foto lyk dit of Kim opgewonde met die Vogue-redakteur gesels, maar klein North het net oë vir pa Kanye, wat die foto geneem het.

BRON: Us Weekly