Sallas de Jager (links) en regisseur Paul Ehlers (regs)
FOTO: Facebook

Sallas de Jager (links) en regisseur Paul Ehlers (regs) FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Dis ’n seun vir SA rolprentvervaardiger en musikant Sallas de Jager

Die rolprentvervaardiger en musikant Sallas de Jager en sy vrou, Liesl, se eerste seun, David, is gisteraand gebore!

Sallas en Liesl is reeds die trotse ouers van hul twee dogters, Marli (6) en Lisa (4).

Sallas het die goeie nuus van David se geboorte op Facebook gedeel: “Klein David is gebore gisteraand en het die skaal op ’n parmantige 4,4 kg getrek en is 56 cm lank,” het die man agter flieks soos Verraaiers en Musiek vir die agtergrond trots vertel. “Liesl Mari De Jager was amazing! Dankie vir al die boodskappe en skiet gebedjies! Blessed and humbled by the miracle of life!!!”

Sallas en klein David FOTO: Facebook

Sallas en klein David
FOTO: Facebook

Die trotse pa het sommer reeds sy profielfoto ook ’n foto van hom en sy seun gemaak!

Sallas is ook lid van die musiekgroep Klopjag, saam met sy broer Dawie, John-Henry Opperman en Marie-Louise Diedericks.

Nóg baba-nuus op SARIE.com