FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Baba-praatjies: Adam Levine en Namibië se Behati Prinsloo

Adam Levine, hoofsanger van Maroon 5, het gesê dat hy en sy supermodel-vrou, Behati Prinsloo van Namibië, binnekort hul eerste pienkvoet wil hê.

Adam het tydens ’n onderhoud met E! News erken dat hy en Behati “binnekort” wil kinders hê. Toe hy gedruk is vir ’n datum, het hy gesê volgende jaar.

En met dié gene kan hul baba net pragtig wees. Adam is in 2013 as People se Sexyste Man van die Jaar aangewys en Behati is een van Victoria Secret se top-modelle.

Life is a beach @victoriassecret #vsswim

A photo posted by Behati Prinsloo (@behatiprinsloo) on

Die 35-jarige sanger het verlede jaar in ’n onderhoud aan US Weekly gesê hy wil 100 kinders hê. Hy het verder gegrap dat hy meer kinders wil hê as wat sosiaal verantwoordelik sou wees.

Behati het ook, voor hul troue in Julie verlede jaar, aan die tydskrif Net-a-Porter beskryf hoe opgewonde sy is om ’n gesin met Adam te begin. Daily Mail berig egter dat die 25-jarige supermodel dink sy is te jonk om ’n ma te wees, maar Adam is al lank broeis en wil sommer dadelik hul gesin uitbrei.

FOTO: Instagram (@behatiiprinsloo)

FOTO: Instagram (@behatiiprinsloo)

Bronne: E! News, US Weekly, Net-a-Porter, Daily Mail

Geskryf deur: Alexa Swart