FOTO Instagram / @rolenestrauss

FOTO Instagram / @rolenestrauss

Het jy gehoor?

Bababoepe by dosyne

Daar is min dinge so mooi en kosbaar soos ’n swanger vrou. Dié bekendes het onlangs foto’s van hul groeiende magies op sosiale media gedeel en nou kan jy dit ook sien!

SA se voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss straal behoorlik. Dis haar en haar man, D’Niel Strauss, se eerste baba. Kyk hoe mooi lyk sy hier in haar teaterklere!

A photo posted by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Die aktrise Rolanda Marais is swanger met haar en haar regisseur-man, Jozua Malherbe, se eersteling en sy lyk beeldskoon met haar babamagie. Rolene het onlangs dié foto gedeel van haar en Jozua. Hul dogtertjie word vroeg in Desember gebore.

  A photo posted by Rolanda (@rolandamarais) on

Angelique Gerber en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, verwag hul eersteling, ’n seuntjie. Sy naam gaan óók Jacques wees, berig Netwerk24.

Die Afrikaanse sangeres Andriëtte Norman gaan in Februarie 2017 ma word. Dit sal haar en Glynn Moolman, ’n biokinetikus, se eerste kind saam wees.

21 weke.Die maag hy groei nou.xx A photo posted by Andriëtte Norman (@andriette.norman.official) on

Die rocker Francois van Coke en sy vrou, Lauren Badenhorst, word vir die eerste keer ouers. Hulle verwag ’n dogtertjie in November. Kyk hoe oulik lê hul hond Ringo by Lauren se babamagie.

A photo posted by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

Lees nou

SWANGERSKAP-FOTO’S: eersteling vir SARIE Bruidspaar van die Jaar se Silke

Geri Halliwell swanger op 44

Só bly jy stylvol in jou swangerskap