FOTO: Instagram 
johnlegend

FOTO: Instagram johnlegend

Het jy gehoor?

Babanuus vir John Legend en Hugh Grant

Die sanger John Legend se vrou, die model Chrissy Teigen, verwag hul eersteling, berig E! Online.

Hulle het die goeie nuus deur dié Instagram-foto met hul miljoene aanhangers gedeel. “Ons is swanger!” het John geskryf.

Chrissy het op haar beurt gesê dat hulle lank probeer het om swanger te raak: “Dit was nie maklik nie, maar ons het aanhou probeer, want ons kan nie wag om ons eerste kind in die wêreld te bring en ons gesin uit te brei nie. Ons is opgewonde dat dit uiteindelik gebeur het … “

Duisende boodskappe van gelukwensing het op sosiale media ingestroom: “Baie geluk, julle gaan fantastiese ouers wees,” het een aanhanger geskryf.

In ander babanuus

Die akteur Hugh Grant gaan vir die 4de keer in 4 jaar pa word, berig Daily Mail.

Dit is sy tweede kind met sy meisie, die Sweedse TV-vervaardiger Anna Eberstein.

Volgens Entertainment Tonight het die 55-jarige akteur in 2011 ’n dogter, Tabitha, met Tinglan Hong verwelkom. ’n Jaar daarna is sy seun John Mungo Grant gebore. Anna is sy ma. Grant en Tinglan het in 2013 herenig en ’n seun, Felix, is in dieselfde jaar gebore. Tinglang en Anna was in een stadium saam swanger.

Bronne: E! OnlineDaily Mail en Entertainment Tonight 

ZZZ

Kliek HIER om in te skryf

Lees ook