screen_shot_2013_08_26_at_9.47.23_am_310w
Het jy gehoor?

Babas: Alec Baldwin word pa en uiteindelik ‘n foto van North West!

Die naweek het ons weer baie baba-nuus gekry!

Alec Baldwin se vrou Hilaria het die naweek haar eersteling in die wêreld gebring. Hul dogtertjie, Carmen Gabriela, is Vrydag gebore.

screen_shot_2013_08_26_at_9.47.35_am_630wFOTO: Nuwe pa Alec kyk na een van Carmen se oulike uitrustings (Instagram)

Hilaria het onlangs Carmen se baba-kamer aan Extra TV gewys:

baby_room_z_630wSy is ‘n joga-instrukteur en het vir Carmen klein joga-matte gekoop. “Sy gaan op ‘n vroeër ouderdom begin,” het Hilaria gesê.

FOTO’S: Alec en Kim se dogter nou ’n model

Carmen is Alec se tweede kind. Hy het ‘n 17-jarige dogter, Ireland, met sy eks-vrou Kim Bassinger. Ireland, wat deesdae ook haar lyf model hou, het ‘n lang brief vir haar nuwe halfsuster op haar tumblr-blad geplaas. Sy skryf onder meer:

Onthou, jou ouers gaan jou altyd liefhê. As jy ‘n kind is, vergeet jy dít soms. As hulle baklei oor goed maak dit seer [...] Maak nie saak wat jou ma of Pa sê of doen nie, weet net dat hulle jou liefhet. Moet dit NOOIT vergeet nie.

 

En … ‘n foto van North West

Die realiteitsster Kim Kardashian het dit reggekry om haar en Kanye West se baba-dogtertjie, North, vir 2 maande van die kameras weg te hou. Kanye het oor die naweek die eerste foto van hul oulike pienkvoet op Kim se ma, Kris Jenner, se kletsprogram gedeel.

screen_shot_2013_08_26_at_10.00.28_am_630w

Hieronder is die volledige onderhoud van Kanye op die Kris Jenner Show:

Nuwe foto’s van oulike Katerien

Minki van der Westhuizen het dié foto’s van haar klein Katerien via Twitter gedeel:

screen_shot_2013_08_26_at_10.30.41_am_630wFOTO: Minki het by die foto geskryf: Teeny weeny smile. #katerien #inlove

screen_shot_2013_08_26_at_10.30.35_am_630wFOTO: Small perfections #amazed

Ander celeb-babas dié jaar

2013 is omtrent die jaar van die babas! Hier is ‘n paar sterre wat ook vanjaar hul pienkvoete verwelkom het:

Shakira and Gerard Piqué

Minki van der Westhuizen en Ernst Joubert

Bob Geldof se dogter Peaches and Thomas Cohen

Channing Tatum and Jenna Dewan

Kristen Bell and Dax Shepard

Jessica Simpson and Eric Johnson 

Prins William and Kate Middleton

Penélope Cruz and Javier Bardem

Die sokkerster Wayne Rooney en Coleen

Graeme Smith en sy vrou Morgan

FOTO’S: Bekendes wys hul oulike babas