Het jy gehoor?

Bafana Bafana-lekkergoed

Die sokkerkoors loop hoog in SA: ons bou stadions, maak die paaie wyer, blaas op vuvuzelas – en nou eet ons selfs Bafana Bafana-stokkielekkers.

Yogueta het ‘n spesiale geur op die mark vir ons nasionale sokkerspan, met die oog op hul Feva Tour. Die suurlemoen-en-lemmetjie-jogurt-geur smaak glo heerlik en is propvol vitamien C. Dis nou landwyd beskikbaar.